Die Overberg, die El Niño-weerverskynsel en ons veldbrand risikobestuur
DIE GROOT PRENTJIE:
‘n Sterk El Niño-weerverskynsel ontwikkel tans en sal na verwagting deur die hele somerseisoen van 2026/27 voortduur. Dit sal ongewoon hoë temperature, warm dae en ondergemiddelde reënval oor Suid-Afrika veroorsaak.
(Opsomming: El Niño versterk, met ‘n meer as 90% kans op ‘n baie sterk verskynsel tydens die herfs en winter van 2026-27 in die Noordelike Halfrond, volgens ‘National Oceanic and Atmospheric Administration‘.
Belangrike streeks- en plaaslike risiko’s
- Verhoogte risiko van veldbrande: Uiters hoë temperature, lae reënval en droë plantegroei sal gevaarlike toestande vir veldbrande skep – veral tydens die koringoes-seisoen en in bergagtige opvanggebiede. Sterk winde kan brande vinnig na dorpe, plase en natuurreservate laat versprei. Nie landbou-gebiede in die landelike areas word by dié risiko ingesluit.
- Watertekorte: Hoë temperature sal lei tot vinniger verdamping uit opgaardamme. Verhoogde waterverbruik deur plase, huishoudings, verkoelingstelsels en brandbestrydingspogings sal swaar druk op plaaslike watervoorrade plaas. Aanpassings moet nou reeds gemaak word.
- Beduidende impak op landbou: Die droë en warm toestande kan gewas- en veeproduksie ernstig benadeel, wat vereis dat boere grond- en waterbestuur-tegnieke toepas.
- Gesondheidsrisiko’s: Langdurige warm weer verhoog die risiko van hittegolwe, hittestres en dehidrasie – vir mense en diere – terwyl gelokaliseerde swaar winterstorms vroeër in die seisoen die risiko van oorstromings in laagliggende gebiede kan verhoog.
Verwagte Tydlyn
September 2026 (Matige Risiko):
Seisoenale oorgangstydperk; weersomstandighede vereis noukeurige monitering.
Oktober 2026 – Maart 2027 (Hoë Risiko):
Tydperk van maksimum impak met uiterste hitte, verminderde reënval, hoë brandrisiko en waterskaarste.
Aksie- en Reaksieplan
• Noodgereedheid: Hou brandbestryders, reaksievoertuie en lugondersteuning op hoë gereedheid vir ‘n verlengde brandseisoen.
• Veldbrand voorbereiding: Grondeienaars se verantwoordelikhede t.o.v. veldbrande moet nagekom word met almal se ondersteuning.
• Waterbestuur: Pas plaaslike reëls vir brandbane toe, monitor damvlakke en stel noodplanne op vir moontlike munisipale waterbeperkings.
• Openbare bewustheid: Lig gemeenskappe in oor waterbesparing, brandvoorkoming en veiligheid tydens uiterste hitte.
Voorbereiding en optrede deur belanghebbendes
- Die Wes-Kaapse Provinsiale Regering, die Premier en die kabinet, via die Rampbestuursentrum het ‘n “Provinsiale Strategie vir die Vermindering van Ramprisiko” voorberei. Dié plan sluit befondsing in.
- Die Overberg Distriksmunisipaliteit en alle plaaslike munisipaliteite is ingesluit by die bg. plan.
- goFPA (en al die ander Wes-Kaapse FPA’s) verwag finansiële ondersteuning vir die vestiging van strategiese brandbane en die aankoop van “bakkiesakkies” om die bestrydingskapasiteit op die grond te verbeter.