Een naweek in Oktober; en die Overberg word geraak deur 12 brande. En dit nog voor die amptelike begin van die brandseisoen.
Hier is wat gebeur het op die naweek van 13 en 14 Oktober 2018:
1.
Net voor 9.00 op Saterdag, 13 Oktober, is ‘n brand gerapporteer in die Villiersdorp area, op die Worcester pad. Die oorsaak van die brand is kraglyne wat geval het en ‘n groot area sonder elektrisiteit gelaat het vir ‘n geruime deel van die dag. Beide Overberg Distriksmunisipaliteit en Villiersdorp Privaat Brandweer is geaktiveer om die grondeienaar en bure te ondersteun. ‘n Plantasie en die Baggenberg het almal redelik laat bontstaan, maar teen 11.30 was die brand onder beheer gebring en ODM het om 14.20 onttrek. Sukses kan toegeskryf word aan die aantal voertuie geaktiveer en hulpvaardige wind.
2.
In tussen is ‘n veldbrand by Applegarth Plaas, Grabouw, net voor 12.00 gerapporteer. Die grondeienaar vra dat die brandweer moet kom inspekteer dat die area veilig is.
3.
Net voor 17:00 is ‘n veldbrand in die Arieskraal area in Grabouw gerapporteer. Verskeie bure en die grondeienaar het reeds begin om die vuur te probeer blus. Die brand het die plaaslike skool bedreig en alle fokus was eerste om te sorg dat die skool veilig is. In gunstige wind toestande is die res van die bos toegelaat om uit te brand. Goeie samewerking en koördinering het groot skade voorkom. Dit was ‘n besige 4 ure.
4.
Sondag, 14 Oktober het begin met die rapportering van rook op Twaalfuurkop, Swellendam. AFIS se weerligstelsel het ook bevestig dat ‘n weerligslag ‘n brand kon veroorsaak het op die berg. Die CapeNature natuurreservaat is geïdentifiseer as BAIE HOË risiko area wat dadelik ‘n maksimum reaksie geaktiveer het. Ingesluit in die reaksie wat die aktivering van lugondersteuning en grondspanne. Die terrein bied baie uitdagings, onbereikbaar vir voertuie en verspreiding potensiaal. Die plaaslike vliegklub se hulp is ingeroep om die area te vlieg en vir ons inligting te kry. Donald (ons tydelike spotter) was net so bly soos ons toe dit blyk die vuur is uitgereën die vorige nag. Lugondersteuning en nog twee ‘Working on Fire’ spanne is afgestaan. Teen 18.20 het die grondspanne (wat die heelpad teen die berg uitgeloop het) gerapporteer dat hulle slegs rook kon ruik wat uit ‘n kloof aan die ooste kant gekom het. Die area was deurentyd deur CapeNature gemonitor tot Dinsdagoggend om seker te maak die area is veilig. Wel gedaan, span.
5.
‘n Veldbrand by die Grabouw N2 kruising onstaan. Die oorsaak blyk deel van die onrus in area te wees. Grondeienaars en brandweer het die brand gewerk van 12.00 tot 17.30, waarna die grondeienaar beheer oorgeneem het om die lyne op te pas.
6.
Ter selfde tyd onstaan ‘n klein veldbrand is by die Caledon melk depo wat gou onderbeheer gebring is.
7.
14.20 vertrek ons weer na ‘n veldbrand, in digte bos, op die Avoca pad, Baardskeerdersbos area. Dis ook ‘n hoë risiko area en beide brandweerdienste sit verskeie groot voertuie op pad, bure word gewaarsku en die ons trek saam vir ‘n lang nag. Met die hulp van ‘n rustiger wind, baie brandweerslange en ‘n vasbeslote grondeienaar word daar ‘n pad gemaak om by die dele wat brand uit te kom en na 10 000 liter water kon die vuur as geblus bestempel word. Ons handig die area oor aan die grondeienaar. Dankie vir die bure wat bygestaan het en gewillig was om te kom help.
8.
Sondag middag om 18.00 word DRIE brande gewaar by Arieskraal skool in Grabouw. Grondeienaars en bure reageer vining en kry die brande onderbeheer.
9.
Veldbrande in Botrivier en Bredasdorp het die dag afgesluit.